Matthew 21:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig en sit op 'n esel en 'n vul, die vul van 'n esel.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sê vir die volk van Israel: ‘Kyk, julle Koning kom na julle toe. Hy is saggeaard en Hy ry op ’n donkie, ja, op die vul van ’n pakdier.’”
Afrikaans 1933/1953 Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op 'n esel, ja, 'n jong esel, die vul van 'n pakdier.
Afrikaans 1983 “Sê vir Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe; Hy is nederig en Hy ry op 'n donkie, op die vul van 'n pakdier.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe: Hy is sagmoedig en Hy sit op 'n donkie, en op 'n jong donkie, die vul van 'n pakdier. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gesê: “ Sê vir Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe. Hy is nederig en Hy ry op 'n donkie, op 'n jong donkie, 'n donkie-vul.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Sê vir die mense van Jerusalem: Word wakker, julle Koning is op pad. Hy kom eenvoudig op ’n donkie aangery, Hy sit op die vul van ’n pakdier.”