Matthew 21:44 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En elkeen wat op hierdie klip val, sal gebreek word; maar elkeen waarop hy val, sal hom fyn maal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Elkeen wat teen hierdie klip val, sal verpletter word en die een op wie hý val, sal vergruis word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, die sal hy vermorsel. |
| Afrikaans 1983 | “Wie op hierdie klip val, sal verpletter word, en die een op wie hy val, sal hy vermorsel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie op hierdie klip val, sal verpletter word; en as dit op iemand val, sal dit hom vergruis.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elkeen wat val oor die klip wat die bouers weggegooi het, sal sy bene breek en sterf. En as daardie klip op iemand val, dan sal die klip hom doodval.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Oppas! Wie op hierdie Klip val, gaan bitter seerkry. Maar op wie die Klip val, van hom gaan niks oorbly nie.” |