Matthew 21:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sê vir hom: Hy sal daardie goddelose manne ellendig vernietig en sy wingerd uitlewer aan ander landbouers wat vir hom die vrugte sal gee op hulle tyd.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sê vir Hom: “Hy sal daardie skurke ’n verskriklike dood laat sterf en die wingerd aan ander mense verhuur wat gereeld sy billike deel van die oes aan hom sal gee.”
Afrikaans 1933/1953 Hulle antwoord Hom: Die slegte mense -- hy sal hulle 'n slegte dood laat sterwe en die wingerd verhuur aan ander landbouers wat hom die vrugte op die regte tyd sal gee.
Afrikaans 1983 Hulle antwoord Hom: “Hy sal daardie slegte mense 'n vreeslike dood laat sterwe en die wingerd aan ander boere verhuur wat hom op die regte tyd sy deel van die oes sal gee.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sê vir Hom: “Hy sal daardie slegte mense 'n aaklige dood laat sterf, en die wingerd aan ander landbouers verhuur wat aan hom die opbrengs op die regte tyd sal lewer.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priesterleiers en die familieleiers sê toe vir Jesus: “Hy sal daardie slegte mense swaar straf. Hy sal hulle doodmaak en hy sal die wingerd vir ander mense gee wat op die regte tyd vir hom die vrugte sal gee wat hy moet kry.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die godsdienstiges was gou om te antwoord: “Ons dink die hel gaan om daardie boere losbrand. Daardie wingerd gaan nooit hulle s’n word nie, want die eienaar gaan hulle op die verskriklikste manier denkbaar straf. Hy sal dan die wingerd aan ander boere verhuur wat hulle huur op die regte tyd sal betaal.”