Matthew 21:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het net so met hulle gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vervolgens het die eienaar nog ’n groter groep slawe gestuur en die boere het dieselfde met hulle gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Weer het hy ander diensknegte gestuur, meer as die eerstes, en hulle het met die net so gemaak. |
| Afrikaans 1983 | Die eienaar het toe weer ander slawe gestuur, meer as die eerstes, maar die boere het met hulle net so gemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het weer ander slawe gestuur, nog meer as die eerstes, en hulle het dieselfde met hulle gedoen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het die eienaar ander slawe gestuur, meer as die eerste klomp slawe. En die mense het dieselfde met hulle gedoen soos met die eerste groep. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toe stuur die eienaar ’n hele klomp van sy werkers. Met hulle het dit egter nie beter gegaan nie. Hulle is net so sleg behandel. |