Matthew 21:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie van hulle twee het die wil van sy vader gedoen? Hulle sê vir hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan voor julle in die koninkryk van God in. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie van die twee was die gehoorsame een?” Hulle antwoord was: “Natuurlik die eerste een.” Toe sê Jesus vir hulle: “Ek verseker julle: Die tollenaars en die prostitute sal voor julle in God se koninkryk ingaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie van die twee het die wil van die vader gedoen? Hulle antwoord Hom: Die eerste. Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, die tollenaars en die hoere gaan julle voor in die koninkryk van God. |
| Afrikaans 1983 | Wie van die twee het gedoen wat hulle pa wou hê?” Hulle sê: “Die eerste.” Toe sê Jesus vir hulle: “Dit verseker Ek julle: Tollenaars en prostitute gaan eerder as julle in die koninkryk van God in. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie van die twee het die wil van hulle vader gedoen?” Hulle sê: “Die eerste een.” Jesus sê vir hulle: “•Amen, Ek sê vir julle, die •tollenaars en prostitute sal voor julle in die •koninkryk van God ingaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus vra toe vir die priesterleiers en die familieleiers: “Watter seun het gedoen wat sy pa wou hê?” Hulle het gesê: “Die eerste seun.” Toe sê Jesus vir hulle: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Die tollenaars en die prostitute sal voor julle ingaan daar waar God Koning is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Nou vra Ek julle: Watter seun het gedoen wat sy pa gevra het?” “Hoekom vra jy nog? Die eerste een natuurlik.” “Weet julle wat?” sê Jesus toe. “Julle gaan eendag staan en kyk hoe die mense op wie julle so neersien voor julle by God se nuwe wêreld instap. Ja, Ek praat van mense soos prostitute of die tollenaars van wie julle niks hou nie. Julle dink mos julle is beter as hulle! En weet julle hoekom gaan hulle voor julle instap? |