Matthew 21:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het by die tweede gekom en net so gesê. En hy antwoord en sê: Ek gaan, meneer, en het nie gegaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die pa gaan toe na die ander een toe en gee hom dieselfde opdrag. Dié antwoord toe: ‘Ek maak so, Pa,’ maar hy het tog nie gaan werk nie.
Afrikaans 1933/1953 Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie.
Afrikaans 1983 Die man het toe na die ander seun toe gegaan en vir hom dieselfde gesê. Hy het geantwoord: ‘Goed, Pa,’ maar hy het nie gegaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man het toe na die ander kind gegaan en dieselfde gesê. Hy het geantwoord, ‘Ek sal, heer,’ maar hy het nie gegaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het daarna na die tweede seun toe gegaan en dieselfde vir hom gesê. Die seun het geantwoord: ‘Pa, ek sal gaan.’ Maar hy het nie gegaan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die pa is intussen na die tweede seun toe. Hy vra hom ook om te gaan help. ‘Goed, Pa, ek sal gaan,’ sê die seun dadelik. Dit was egter net leë woorde, want hy het nooit gegaan nie.