Matthew 21:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar wat dink julle? 'n Sekere man het twee seuns gehad; en hy het by die eerste gekom en gesê: Seun, gaan werk vandag in my wingerd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar wat dink julle hiervan?” sê Hy toe vir hulle. “’n Man wat twee seuns gehad het, het na die eerste een toe gegaan en vir hom gesê: ‘My kind, jy moet vandag in die wingerd gaan werk.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar wat dink julle? 'n Man het twee kinders gehad, en hy gaan na die eerste en sê: Kind, gaan werk vandag in my wingerd. |
| Afrikaans 1983 | “Wat sê julle hiervan? Daar was 'n man met twee seuns. Hy het vir die een gaan sê: ‘Seun, gaan werk vandag in die wingerd.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wat dink julle? 'n Man het twee kinders gehad. Hy gaan toe na die eerste een en sê, ‘My kind, gaan werk vandag in die wingerd. ’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het gesê: “Wat dink julle, wie het reg gedoen? 'n Man het twee kinders gehad. Hy het na die eerste seun toe gegaan en vir hom gesê: ‘Kind, gaan werk vandag in my wingerd.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Voor die Joodse leiers nog kon padgee, sê Jesus: “Wag so ’n bietjie. Sê My, wat dink julle van hierdie verhaal? “Daar was ’n pa met twee seuns. Hy is eers na die eerste seun toe. ‘Ou seun,’ vra hy, ‘sal jy nie asseblief vandag met die boerdery gaan help nie?’ |