Matthew 21:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle het Jesus geantwoord en gesê: Ons kan dit nie sê nie. En Hy sê vir hulle: Ek sê ook vir julle nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gevolglik het hulle Jesus geantwoord: “Ons weet nie.” Daarop was Jesus se reaksie: “Dan gaan Ek ook nie julle vraag beantwoord nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe antwoord hulle Jesus en sê: Ons weet nie. Hy sê toe ook vir hulle: Dan vertel Ek julle ook nie deur watter gesag Ek hierdie dinge doen nie. |
| Afrikaans 1983 | Toe antwoord hulle vir Jesus: “Ons weet nie.” En Hy sê vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het Jesus geantwoord: “Ons weet nie.” Toe sê Hy vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle met watter gesag Ek hierdie dinge doen nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom het die priesterleiers en die familieleiers vir Jesus gesê: “Ons weet nie.” Toe sê Jesus vir hulle: “Dan sal Ek ook nie vir julle sê wie het vir My gesê Ek mag hierdie dinge doen nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Om uit die moeilikheid te bly kon hulle maar net sê: “Nee, ons weet nie.” Jesus trek toe sy skouers op en sê: “Maar dan kan Ek ook nie vir julle sê wie My die reg gee om te doen wat Ek doen nie.” |