Matthew 21:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die doop van Johannes, waar was dit vandaan? uit die hemel of uit mense? En hulle het met hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel; Hy sal vir ons sê: Waarom het julle Hom toe nie geglo nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ‘Kom die doop wat Johannes beoefen het, van God af, of was dit maar ’n bloot menslike saak?’” Hulle het toe onder mekaar beraadslaag: “As ons sê dat dit van God af kom, gaan hy vir ons sê: ‘Hoekom het julle hom dan nie geglo nie?’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel -- dan sal Hy ons vra: Waarom het julle hom dan nie geglo nie? |
| Afrikaans 1983 | Die doop van Johannes, waar het dit vandaan gekom: van God, of van mense af?” Hulle redeneer toe onder mekaar: “As ons sê: ‘Van God af,’ sal hy vir ons sê: ‘Waarom het julle hom dan nie geglo nie?’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die doop van Johannes, waar het dit vandaan gekom? Van die hemel of van mense? ” Hulle het toe onder mekaar geredeneer: “As ons sê, ‘van die hemel’, sal Hy vir ons sê, ‘Waarom het julle hom dan nie geglo nie?’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Johannes die Doper het mense gedoop. Wie het hom gestuur om dit te doen? Was dit God, of was dit die mense?” Die priesterleiers en die familieleiers het daaroor met mekaar gepraat en gesê: “As ons sê: ‘God het hom gestuur,’ dan sal Jesus vir ons vra: ‘Hoekom het julle nie geglo wat Johannes gesê het nie?’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie het Johannes die reg gegee om te doop? Was dit God of die mense?” Die Jode het dadelik besef dat Jesus hulle nou in ’n hoek gedryf het. Hulle was in die moeilikheid, want sê hulle: “God het hom die reg gegee,” sal Jesus hulle vra waarom hulle nie geglo het wat Johannes gesê het nie. |