Matthew 21:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra, wat, as julle My sê, Ek ook vir julle sal sê deur watter gesag Ek hierdie dinge doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het hulle geantwoord: “Ek sal vir julle sê watter soort volmag Ek het om hierdie dinge te doen. Maar dan moet julle eers vir My hierdie vraag beantwoord:
Afrikaans 1933/1953 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Ek sal julle ook een ding vra, en as julle dit vir My sê, sal Ek julle ook vertel deur watter gesag Ek hierdie dinge doen.
Afrikaans 1983 Toe antwoord Jesus hulle: “Ek gaan julle een ding vra, en as julle My daarop antwoord, sal Ek vir julle sê met watter gesag Ek hierdie dinge doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het hulle geantwoord: “Ook Ek sal julle net een vraag vra, en as julle My kan antwoord, sal Ek op my beurt vir julle sê op watter gesag Ek hierdie dinge doen:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek sal vir julle ook een vraag vra. As julle vir My antwoord, dan sal Ek vir julle sê wie gesê het Ek mag hierdie dinge doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus was reg vir hulle: “Laat Ek julle eers ’n vraag vra. As julle my vraag kan antwoord, sal Ek julle vraag antwoord.