Matthew 21:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe Hy in die tempel kom, het die owerpriesters en die ouderlinge van die volk na Hom gekom terwyl Hy besig was om te leer, en gesê: Met watter gesag doen U hierdie dinge? en wie het jou hierdie gesag gegee? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Weer terug by die tempel was Jesus besig om onderrig te gee toe die priesterhoofde en familiehoofde na Hom toe kom en vra: “Watter soort volmag het jy om mense uit die tempel te jaag? Wie het jou hierdie volmag gegee?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Hy in die tempel gegaan het, kom die owerpriesters en die ouderlinge van die volk na Hom terwyl Hy besig was om te leer, en hulle sê: Deur watter gesag doen U hierdie dinge, en wie het U hierdie gesag gegee? |
| Afrikaans 1983 | Jesus het na die tempel toe gegaan, en terwyl Hy besig was om die mense te leer, kom die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk na Hom toe en vra: “Met watter gesag doen u hierdie dinge? En wie het u hierdie gesag gegee?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het na die tempelterrein gegaan, en terwyl Hy besig was om onderrig te gee, het die leierpriesters en die familiehoofde van die volk na Hom gekom en gevra: “Op watter gesag doen jy hierdie dinge? En wie het aan jou hierdie gesag gegee?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het weer na die tempel-gronde gegaan. Hy was besig om vir die mense te leer, en toe het die priesterleiers en die familieleiers van die volk na Hom toe gekom. Hulle het vir Hom gevra: “Hoekom dink jy dat jy hierdie dinge mag doen? Wie het gesê jy mag dit doen?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jesus in Jerusalem aankom, is Hy weer reguit tempel toe. Die mense het om Hom begin saamdrom. Hy het hulle alles geleer van God se nuwe wêreld. Van die godsdienstige leiers en ’n paar van die belangrike mense uit Jerusalem sluit toe by die groep mense om Jesus aan en vra: “Wie gee jou die reg om al hierdie dinge te doen? Op wie se gesag tree jy op?” |