Matthew 21:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy 'n vyeboom op die pad sien, het hy daarheen gekom en niks daaraan gevind nie, behalwe blare alleen, en vir hom gesê: Laat daar nou vir ewig geen vrugte aan jou groei nie. En gou het die vyeboom verdor. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en ’n enkele vyeboom langs die pad sien staan. Hy gaan toe na die boom, maar al wat Hy daaraan gekry het, was blare. Hy sê toe vir die boom: “Mag jy nooit weer vrugte dra nie!” Die boom het onmiddellik totaal verskrompel. |
| Afrikaans 1933/1953 | en Hy sien 'n vyeboom langs die pad en gaan daarnatoe; maar Hy het niks daaraan gevind nie as net blare alleen; en Hy sê vir hom: Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer 'n vrug kom nie! En onmiddellik het die vyeboom verdroog. |
| Afrikaans 1983 | Toe Hy 'n alleenstaande vyeboom langs die pad sien, gaan Hy daarheen, maar Hy het niks anders as blare daaraan gekry nie. Hy sê toe vir die boom: “Jy sal in der ewigheid nooit weer vrugte dra nie.” En die vyeboom het dadelik verdroog. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Hy 'n enkele vyeboom langs die pad sien, het Hy daarheen geloop, maar niks daaraan gevind nie, net blare. Toe sê Hy vir die vyeboom: “Mag jy tot in ewigheid nooit weer vrug dra nie!” Die vyeboom het onmiddellik verdroog. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het 'n vyeboom langs die pad gesien en Hy het daarnatoe gegaan. Toe Hy by die boom kom, sien Hy daar is niks vye nie, net blare. Jesus sê toe vir die boom: “Jy sal nooit weer vye dra nie, dit is seker.” En dadelik het die vyeboom doodgegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sien toe ’n vyeboom langs die pad en gaan soek ’n paar vye. Die boom was die ene blare, maar daar was nie ’n enkele vy nie. “Een ding is seker: niemand sal ooit weer ’n vy van hierdie boom afpluk nie,” sê Jesus toe. Dadelik het die boom wortel en tak verdroog. |