Matthew 21:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis sal 'n huis van gebed genoem word; maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.
Afrikaans (NLV) 2011 en vir hulle gesê: “Daar staan in die Skrif geskryf: ‘My huis is bedoel om ’n huis van gebed te wees, maar julle het daarvan ’n rowersnes gemaak.’”
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis moet 'n huis van gebed genoem word. Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.
Afrikaans 1983 en vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed wees,’ maar julle maak dit 'n rowersnes.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en vir hulle gesê: “Daar staan geskryf, ‘My huis sal 'n huis van gebed genoem word’. Maar julle het daarvan 'n rowerspelonk gemaak!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het gesê in die Ou Testament is geskryf: “God het gesê: Die mense sal sê my tempel is 'n plek waar mense moet bid. Maar julle verander dit, dit is nou 'n plek waar diewe bymekaarkom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vir die mense wat verbaas gestaan en kyk het, sê Hy toe: “Gaan lees wat in die Skrif staan: ‘Die bedoeling is dat mense My moet kom aanbid hier waar Ek woon! Julle het dit egter die bymekaarkomplek van skelms en diewe gemaak.’”