Matthew 21:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Jesus het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en gekoop het, uitgedryf en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Jesus het tempel toe gegaan en al die handelaars en hulle kliënte uitgejaag. Hy het die tafels van die bankiers en die hokkies van die duiweverkopers onderstebo gegooi
Afrikaans 1933/1953 En Jesus het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop en koop, uitgejaag en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi.
Afrikaans 1983 Jesus het tempel toe gegaan en al die mense wat op die tempelplein koop en verkoop, daar uitgejaag. Die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers het Hy omgegooi
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het die tempelterrein binnegegaan en almal wat op die tempelterrein aan die koop en verkoop was, uitgejaag. Hy het die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het na die tempel-gronde gegaan. Daar was mense besig om goed te koop en te verkoop. Jesus het hulle almal uitgejaag. Hy het die tafels omgegooi van die mense wat die geld omgeruil het en ook die stoele van die mense wat duiwe verkoop het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In Jerusalem is Jesus reguit tempel toe. Langs die hoë tempelgebou was daar ’n groot, oop plein. Dit was ommuur en is as deel van die tempel beskou. Op hierdie tempelplein is allerhande offerdiere verkoop aan die dorpsmense wat nie self diere gehad het nie of aan mense wat ver gereis het en nie diere die hele ent kon saambring nie. Jy kon daar ook vreemde geld omruil vir die regte soort geld wat vir tempelbelasting gebruik is. Die plein was die ene bedrywigheid. Jesus het die gedoente so gekyk en toe die spul daar weggejaag. Tot die tafels en stoele het Hy omgekeer.