Matthew 20:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle aankom wat gehuur was omtrent die elfde uur, het hulle elkeen 'n penning ontvang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié wat teen vyfuur die middag gehuur is, kom toe en kry ’n voldag se betaling. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen 'n penning ontvang. |
| Afrikaans 1983 | “Dié wat teen vyfuur gehuur is, kom toe en kry elkeen die gewone dagloon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dié wat teen die elfde uur gehuur is, het gekom en elk 'n denarius gekry. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die werkers wat omtrent vyfuur begin werk het, kom toe en hulle kry elkeen die geld wat 'n werker gewoonlik kry wanneer hy die hele dag gewerk het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die werkers wat eers teen vyfuur begin werk het, het toe elkeen 100 rand gekry, die geld wat die boer vir ’n volle dag se werk betaal. |