Matthew 20:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Is julle in staat om te drink uit die beker waaruit Ek sal drink, en om gedoop te word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir hom: Ons is in staat.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop het Jesus gesê: “Julle besef nie wat julle vra nie! Sien julle daarvoor kans om die bitter lydensbeker te drink wat vir My bestem is?” Hulle sê vir Hom: “Ja, ons sien daarvoor kans.”
Afrikaans 1933/1953 Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan.
Afrikaans 1983 Toe antwoord Jesus: “Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die lydensbeker drink wat Ek gaan drink?” “Ons kan,” antwoord hulle.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jesus het geantwoord: “Julle besef nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek moet drink? ” Hulle antwoord Hom: “Ons kan.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir haar gesê: “Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle swaarkry soos Ek moet swaarkry? Kan julle uit die beker drink waaruit Ek moet drink?” Hulle antwoord Hom: “Ons kan dit doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Jy en jou seuns weet nie wat julle vra nie,” antwoord Jesus. “Weet julle, Ek is op pad na my dood toe. Dit is soos ’n bitter beker wat Ek moet leegdrink. Sien julle daarvoor kans? Is julle ook bereid om ’n beker vol pyn en lyding leeg te drink?” “Waarom nie?” het hulle geesdriftig geantwoord.