Matthew 20:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir haar: Wat wil jy hê? Sy sê vir hom: Gee dat hierdie twee seuns van my mag sit, die een aan u regter- en die ander aan die linkerkant, in u koninkryk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wat is jou versoek?” het Jesus haar gevra. Sy het geantwoord: “In u koninkryk, wanneer U op u troon sit, mag my twee seuns op die ereplekke regs en links van U sit?” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê vir haar: Wat wil jy hê? Sy antwoord Hom: Sê dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk mag sit, een aan u regter-- en een aan u linkerhand. |
| Afrikaans 1983 | “Wat kan Ek vir u doen?” vra Hy vir haar. Sy sê vir Hom: “Belowe my dat hierdie twee seuns van my in u koninkryk langs U mag sit, een aan u regterhand en die ander een aan u linkerhand.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het vir haar gevra: “Wat wil jy dan hê?” Sy antwoord Hom: “Beveel dat in u •koninkryk hierdie twee seuns van my, een aan u regterhand en een aan u linkerhand, sal sit. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir haar gevra: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Sy sê toe vir Hom: “U sal koning wees oor almal. Belowe dat U dan vir hierdie twee seuns van my die sitplekke langs U sal gee, een regs langs U en een links langs U.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Wat het jy op die hart?” vra Jesus haar. “Belowe my asseblief dat wanneer U as Koning in God se nuwe wêreld heers, U vir my seuns die twee heel beste plekke daar sal gee. Laat hulle sommer reg langs U sit: een aan u linkerkant en een aan u regterkant.” |