Matthew 20:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: Hierdie laastes het maar een uur gewerk, en U het hulle aan ons gelyk gemaak wat die las en hitte van die dag gedra het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en gesê: ‘Hierdie laatkommers het net ’n uur gewerk en jy behandel hulle dieselfde as ons wat die ganse dag in die warm son moes swoeg.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | en sê: Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle gelykop behandel met ons wat die las van die dag en die hitte gedra het. |
| Afrikaans 1983 | en sê: ‘Hierdie laastes het net een uur gewerk, en nou betaal u hulle dieselfde loon as vir ons wat die hele dag hard gewerk het in die warm son.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | ‘Hierdie laastes het een uur gewerk, en u het hulle dieselfde behandel as ons, ons wat die dag se werklas en die hitte moes verduur.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en gesê: ‘Hierdie werkers wat laaste begin werk het, het net een uur gewerk, maar jy het vir hulle dieselfde gegee as vir ons, ons wat die hele dag hard in die son gewerk het.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ‘Kyk, hierdie laaste spul werkers het net ’n uur lank gewerk. En nou word hulle dieselfde as ons betaal. Dis mos nie regverdig nie. Ons moes ’n hele dag in die warm son sweet, nie hulle nie!’ |