Matthew 20:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe die eerstes gekom het, het hulle gedink dat hulle meer moes ontvang het; en hulle het eweneens elkeen 'n penning ontvang. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dié wat vroeër gehuur is, kom toe met die gedagte dat hulle meer sal kry, maar hulle kry toe ook maar die gewone dagloon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die eerstes kom toe en dink dat hulle meer sal ontvang, en hulle het ook elkeen 'n penning ontvang. |
| Afrikaans 1983 | Die mense wat eerste gehuur is, het gedink hulle sou meer kry, maar toe hulle aan die beurt kom, kry hulle ook elkeen die gewone dagloon. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die eerstes kom, het hulle gedink dat hulle meer sal kry, maar ook hulle het elk 'n denarius gekry. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die werkers wat eerste begin werk het, kom toe en hulle dink dat hulle meer geld sal kry. Maar hulle het ook elkeen een silwer geldstuk gekry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die ander wat heel eerste begin werk het, het toe by hulleself gedink dat hulle meer as dit betaal sou word. Maar hulle het ook presies dieselfde bedrag gekry: 100 rand. |