Matthew 19:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sê vir hulle: Moses het weens die hardheid van julle harte aan julle toegelaat om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sê vir hulle: “Moses het egskeiding toegelaat as ’n toegewing aan die sondige hardheid van julle harte, maar dit was nie wat God oorspronklik bedoel het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy antwoord hulle: Omdat Moses weens die hardheid van jul harte julle toegelaat het om van julle vroue te skei; maar van die begin af was dit nie so nie. |
| Afrikaans 1983 | Hy antwoord hulle: “Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy antwoord hulle: “Moses het julle weens julle harde harte toegelaat om van julle vroue te skei, maar van die begin af was dit nie so nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het hulle geantwoord: “Dit is omdat julle so hardkoppig is. Daarom het Moses gesê julle mag van julle vroue skei. Maar in die begin toe God die mense gemaak het, was dit nie so nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ja, dit is waar,” het Jesus geantwoord. “Maar dit is omdat julle koppe en julle harte so hard soos klip is dat hy toegelaat het dat julle kan skei. Dit is omdat julle nie na God se voorskrifte wou luister nie. Maar dit was nie van die begin af so nie. Egskeiding is glad nie deel van God se oorspronklike plan nie. |