Matthew 19:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en gesê: Om hierdie rede sal 'n man vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En die Skrif sê verder: ‘Daarom sal ’n man sy pa en ma agterlaat en hom by sy vrou voeg. So sal hulle tot een liggaam verenig word.’ |
| Afrikaans 1933/1953 | en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees; |
| Afrikaans 1983 | Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Verder sê Hy: “ ‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou verbind word, en die twee sal een liggaam wees,’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het toe gesê: “ Daarom sal 'n man weggaan van sy pa en sy ma en hy sal saam met sy vrou lewe. Hulle twee sal soos een mens wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het God gesê: ‘Die dag wanneer ’n man trou, sal hy nie meer by sy ouers bly nie. Nee, hy en sy vrou sal dan op hulle eie gaan bly. Hulle sal dan liggaamlik en geestelik een word.’ |