Matthew 19:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die Fariseërs het ook na Hom gekom en Hom versoek en vir Hom gesê: Is dit vir 'n man geoorloof om van sy vrou te skei om enige rede? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar het toe Fariseërs na Hom toe gekom in ’n poging om Hom in ’n strik te laat trap. Hulle vra Hom toe: “Mag ’n man sommer oor enige onbenulligheid van sy vrou skei?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit 'n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei? |
| Afrikaans 1983 | Daar was Fariseërs wat Hom op die proef wou stel, en hulle kom toe by Hom met die vraag: “Mag 'n man sommer oor enige ding van sy vrou skei?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die •Fariseërs het na Hom gekom, en om Hom te toets, gevra: “Is dit toelaatbaar dat 'n man om enige rede van sy vrou skei?” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar het Fariseërs na Jesus toe gekom. Hulle wou hê Jesus moes iets sê wat vir Hom probleme kan gee. Hulle het vir Hom gevra: “Mag 'n man skei van sy vrou as hy dink sy het iets verkeerd gedoen, dit maak nie saak wat dit is nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Klomp Fariseërs het ook daar opgedaag. Hulle wou Jesus verneder met ’n strikvraag. “Kom ons hoor ’n bietjie wat jy dink. Mag ’n man sommer om enige rede van sy vrou skei?” |