Matthew 19:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Jesus het hulle aanskou en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik; maar by God is alle dinge moontlik.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop het Jesus hulle aandagtig aangekyk en gesê: “Menslik gesproke is dit onmoontlik. Maar by God is alles moontlik!”
Afrikaans 1933/1953 Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
Afrikaans 1983 Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Jesus het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar by God is alles moontlik. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het lank na hulle gekyk en Hy het vir hulle gesê: “Mense kan nie self inkom nie, maar God kan hulle laat inkom. God kan alles doen wat Hy wil doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jesus het hulle stip aangekyk. Toe sê Hy vir hulle: “Ja, julle is reg. Op julle eie kan julle nooit daar uitkom nie. Maar God kan enigiets doen. As julle op Hom vertrou, sal Hy sorg dat julle wel in sy wêreld inkom.”