Matthew 19:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En verder sê Ek vir julle: Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek wil dit beklemtoon, dit is makliker vir ’n kameel om deur ’n naald se oog te gaan as wat dit vir ’n ryke is om in God se koninkryk in te gaan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En verder sê Ek vir julle, dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. |
| Afrikaans 1983 | Ek stel dit nog sterker: Dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te kom as vir 'n ryke om in die koninkryk van God te kom.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sê weer vir julle, dit is makliker vir 'n kameel om deur die oog van 'n naald te gaan as vir 'n ryk mens om in die •koninkryk van God in te gaan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê dit weer vir julle: 'n Ryk mens sal moeilik inkom waar God Koning is, God wat in die hemel is. 'n Kameel sal makliker deur die oog van 'n naald kan gaan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is selfs vir ’n groot kameel makliker om deur die klein gaatjie van ’n naald te stap as wat dit vir ’n ryk persoon is om in God se nuwe wêreld te kom.” |