Matthew 19:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Jesus vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle, 'n ryk man sal beswaarlik in die koninkryk van die hemele ingaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Ek verseker julle dit is bitter moeilik vir ’n ryke om in God se koninkryk in te gaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jesus sê vir sy dissipels: Voorwaar Ek sê vir julle dat 'n ryk man beswaarlik in die koninkryk van die hemele sal ingaan. |
| Afrikaans 1983 | Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Dit verseker Ek julle: 'n Ryk mens sal moeilik in die koninkryk van die hemel kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “•Amen, Ek sê vir julle: 'n Ryke sal moeilik in die •koninkryk van die hemele ingaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir sy dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Dit sal baie moeilik wees vir 'n ryk mens om in te kom waar God Koning is, God wat in die hemel is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Terwyl Jesus die man agterna kyk, sê Hy vir sy dissipels: “Sien julle, dis glad nie maklik vir iemand wat ryk is om ’n plek in God se wêreld te kry nie. |