Matthew 19:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar toe die jongman hierdie woord hoor, het hy bedroef weggegaan, want hy het groot besittings gehad. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die jong man dít hoor, het hy geskok weggegaan, want hy het baie besittings gehad. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe die jongman die woord hoor, het hy bedroef weggegaan; want hy het baie besittings gehad. |
| Afrikaans 1983 | Toe die jongman dit hoor, het hy bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die jong man egter hierdie antwoord hoor, het hy bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die jongman hoor wat Jesus sê, was hy baie hartseer en hy het weggegaan, want hy was baie ryk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus se woorde het die jongman baie omgekrap. Dit was die laaste woorde wat hy wou hoor, want hy was skatryk. Hy was nie van plan om sy besittings aan sy familie en aan die armes uit te deel nie. Die jongman het toe dikmond omgedraai en weggestap. |