Matthew 19:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sê vir hom: Watter? Jesus het gesê: Jy mag geen moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie,
Afrikaans (NLV) 2011 Hy vra vir Jesus: “Watter gebooie?” Jesus het geantwoord: “‘Jy mag nie moord pleeg nie. Jy mag nie ontrou wees in jou huwelik nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie onwaar getuienis aflê nie;
Afrikaans 1933/1953 Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê -- dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie;
Afrikaans 1983 “Watter gebooie bedoel u?” het hy vir Hom gevra. Jesus het gesê: “Dit: Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy vra Hom: “Watter?” Jesus antwoord: “Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuig nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man sê toe: “Watter wette?” Jesus het vir hom gesê: “ Jy mag nie iemand doodmaak nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie oor ander mense lieg nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Watter voorskrifte?” het die man gevra. “Die volgende,” antwoord Jesus. “Jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie met iemand buite jou huwelik ’n seksuele verhouding hê nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie leuens vertel nie;