Matthew 19:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê vir hom: Waarom noem jy my goed? daar is niemand goed nie, behalwe een, dit is God; maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Net God is werklik goed. Maar om jou vraag te beantwoord — jy kan die ewige lewe verkry deur die gebooie te onderhou.”
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.
Afrikaans 1983 Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is. Maar as jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het hom geantwoord: “Hoekom vra jy My uit oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is. As jy die lewe wil binnegaan, moet jy die gebooie nakom. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Jesus het vir hom gesê: “Hoekom vra jy vir My wat is goed? Daar is net Een wat goed is, en dit is God. Maar as jy die ewige lewe wil kry, dan moet jy gehoorsaam wees aan God se wette.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Vir wat kom spreek jy My hier voor almal aan as ‘goeie Leermeester’?” het Jesus vinnig gereageer. “Jy weet mos dat daar net Een is wat regtig goed is: God. Maar nou ja, laat Ek jou vraag beantwoord. As jy vir altyd in God se nuwe wêreld wil bly, moet jy sy voorskrifte gehoorsaam. So eenvoudig is dit.”