Matthew 19:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Jesus sê: Laat die kindertjies toe en verhinder hulle nie om na My toe te kom nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar Jesus se reaksie was: “Laat staan die kindertjies. Moenie hulle keer om na My toe te kom nie, want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele. |
| Afrikaans 1983 | Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het egter gesê: “Laat die kindertjies begaan, en moet hulle nie langer verhinder om na My te kom nie, want die •koninkryk van die hemele behoort aan mense soos hulle.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus sê toe vir hulle: “Laat die kinders na My toe kom en moenie hulle keer nie, want God wat in die hemel is, is Koning oor mense soos hulle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jesus dit sien, sê Hy dadelik vir sy dissipels: “Wag! Moenie die kindertjies wegjaag nie. Laat hulle na My toe kom. God se nuwe wêreld is juis vir almal soos hulle bedoel. By Hom is daar plek vir almal wat soos klein kindertjies afhanklik is van hulle hemelse Vader se sorg.” |