Matthew 19:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar Hy sê vir hulle: Almal kan hierdie woord nie aanneem nie, behalwe hulle aan wie dit gegee is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Nie almal sal met julle saamstem nie,” het Hy vir hulle geantwoord. “Daar is dié vir wie dit gegee is om nie te trou nie.
Afrikaans 1933/1953 Maar Hy sê vir hulle: Almal vat hierdie woord nie, maar net die aan wie dit gegee is.
Afrikaans 1983 Maar Hy sê vir hulle: “Wat julle nou sê, is nie vir almal moontlik nie, net vir dié aan wie dit gegee is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het egter vir hulle gesê: “Nie almal kan hierdie saak begryp nie – slegs hulle aan wie dit gegee is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar Jesus antwoord hulle: “Dit is nie al die mense wat kan verstaan wat Ek gesê het nie, net die mense vir wie God help, kan dit verstaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ja, Ek weet dis nie maklik om te doen wat Ek vir julle sê nie,” het Jesus geantwoord. “Maar wanneer God met sy goedheid in julle lewens aan die werk is, kan julle doen wat Ek sê. Tog is dit nie vir almal moontlik om te trou nie.