Matthew 19:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sy dissipels sê vir Hom: As die man so met sy vrou is, is dit nie goed om te trou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy dissipels sê vir Hom: “As dit met mans en vroue die geval is, moet ’n mens maar liewer nie trou nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Sy dissipels sê vir Hom: As die saak van 'n man met 'n vrou so is, dan is dit nie wenslik om te trou nie. |
| Afrikaans 1983 | Sy dissipels sê toe vir Hom: “As dit is hoe die saak met man en vrou staan, is dit beter om nie te trou nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy dissipels sê toe vir Hom: “As dit die stand van sake tussen man en vrou is, is dit beter om nie te trou nie. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus se dissipels sê toe vir Hom: “As dit so is met 'n man en 'n vrou wat met mekaar getroud is, dan is dit beter om nie te trou nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na die tyd het Jesus se dissipels eenkant vir Hom kom sê: “Ons het gestaan en luister na wat U vir die Fariseërs oor die huwelik gesê het. Maar, Here, g’n mens kan dit wat U sê, nakom nie. Dis heeltemal te moeilik. Is dit dan nie maar beter om nie te trou nie?” |