Matthew 18:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, as jou hand of jou voet jou aanstoot gee, kap hulle af en gooi hulle van jou af weg; dit is beter vir jou om gestremd of vermink in die lewe in te gaan eerder as om twee hande of twee voete te hê om in die ewige vuur gewerp te word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom, as jou hand of jou voet jou laat sondig, kap dit af en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel te lewe as om met al twee jou hande en al twee jou voete in die vuur gegooi te word wat nooit geblus sal word nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | En as jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. |
| Afrikaans 1983 | “As jou hand of jou voet jou van My afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit van jou weg! Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gegooi te word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As dit jou hand of jou voet is wat jou laat ophou glo, kap dit af en gooi dit weg. Dit is beter om net een hand of een voet te hê en die ewige lewe te kry as om twee hande en twee voete te hê en na die vuur te gaan wat altyd brand. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Natuurlik is dit nie maklik om te glo nie. Dit is net so swaar soos om een van jou eie ledemate af te kap. Jy moet as’t ware jou hand of jou voet afkap en dit in die asblik gooi as jy agterkom dat jy dinge daarmee doen waarvan God niks hou nie. Leef liewer sonder hande en voete. Leef soos iemand wat lam of kruppel is, al is dit verskriklik swaar. Anders beland jy binnekort in die hel. En wat gaan jy daar met twee gesonde hande en voete maak? |