Matthew 18:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee die wêreld vanweë die oortredings! want dit moet seker wees dat oortredings kom; maar wee daardie man deur wie die oortreding kom! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dié wat ander tot ’n val bring, bring ellende in die wêreld! Daar sal noodwendig sulke mense wees, maar God sal die mens straf wat iemand anders tot ’n val bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom. |
| Afrikaans 1983 | Hoe jammer tog vir die wêreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wee die wêreld as gevolg van die struikelblokke. Struikelblokke sal onvermydelik kom; nogtans, wee die mens deur wie die struikelblok kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God sal dit sleg laat gaan met mense wat ander mense laat ophou glo. Daar sal altyd dinge wees wat mense laat ophou glo, maar dit sal sleg gaan met iemand wat ander mense laat ophou glo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Dis nou maar een maal so dat daar allerhande sondes en versoekings in hierdie wêreld is. Maar Ek sê vir julle: daar wag groot probleme op almal wat hierdie sondes uitdink. God se oordeel wag op hulle. |