Matthew 18:35 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sal my hemelse Vader ook aan julle doen as julle nie elkeen sy broer sy oortredinge van harte vergewe nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So sal my hemelse Vader ook met julle maak as julle weier om julle medegelowiges met julle hele hart te vergewe.” |
| Afrikaans 1933/1953 | So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie. |
| Afrikaans 1983 | “So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sal my hemelse Vader ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My Vader in die hemel sal dieselfde doen met julle as julle nie mekaar wil vergewe nie. Julle moet dit doen met julle hele hart.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “My Vader in die hemel sal net soos hierdie koning met julle maak as julle weier om mekaar van harte te vergewe.” |