Matthew 18:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die tronk gegooi totdat hy die skuld sou betaal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar daarvan wou sy skuldeiser nie hoor nie. Hy is daar weg en het hom in die tronk laat gooi, waar hy sou moes bly totdat hy al sy skuld afbetaal het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het. |
| Afrikaans 1983 | Maar hy wou nie en hy is daar weg om hom in die tronk te laat gooi totdat hy die skuld betaal het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar hy wou nie – inteendeel, hy het weggegaan en hom in die tronk laat gooi, totdat hy die verskuldigde bedrag sou terugbetaal. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar die eerste amptenaar wou nie. Hy het gegaan en hy het die ander amptenaar in die tronk laat gooi. Hy moes daar bly totdat hy die skuld betaal het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Die amptenaar was egter nie daarvoor te vinde nie. Hy het die man daar en dan in die tronk laat gooi. |