Matthew 18:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) en gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie bekeer word en soos kindertjies word nie, sal julle nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê Hy: “As julle nie met ander oë na die lewe begin kyk en soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van God ingaan nie.
Afrikaans 1933/1953 en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!
Afrikaans 1983 en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en gesê: “•Amen, Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het vir die dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle moet julle hele lewe verander en soos kinders word. As julle dit nie doen nie, dan sal julle nie by God kan kom nie, God die Koning wat in die hemel is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) en sê: “Ek gaan julle nou een van die belangrikste lesse van julle hele lewe leer. Kyk, julle moet verander en weer soos hierdie kindertjies word, anders sal julle nooit die binnekant van my Vader se nuwe wêreld sien nie. Kindertjies is nederig. Hulle dink nie te veel van hulleself nie. Hulle het respek vir ander.