Matthew 18:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar dieselfde dienskneg het uitgegaan en een van sy medediensknegte gekry wat hom honderd pennings geskuld het; en hy het hom die hande opgelê en hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Toe die amptenaar daarvandaan weggaan, loop hy egter een van sy medeamptenare raak wat hom net ’n paar rand geskuld het. Hy gryp hom toe aan die keel en sê: ‘Betaal jou skuld!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld. |
| Afrikaans 1983 | “Toe daardie man buite kom, het hy een van sy medeamptenare raakgeloop wat hom net 'n paar rand geskuld het. Hy het hom gegryp en gewurg, en gesê: ‘Betaal wat jy skuld!’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar toe daardie slaaf uitgaan, het hy een van sy medeslawe gekry wat hom honderd denarius geskuld het. Hy het hom aan die keel gegryp, gewurg en gesê, ‘Betaal terug wat jy skuld!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe daardie amptenaar uitgaan, kry hy een van die ander amptenare wat vir hom geld geskuld het, hy het net 100 silwer geldstukke geskuld. Hy gryp hom toe aan die keel en begin om hom te wurg en hy sê: ‘Jy moet betaal wat jy vir my skuld!’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Toe die amptenaar by die paleis uitstap, loop hy ’n ander amptenaar raak wat hom 9 000 rand skuld. Hy gryp hom toe aan die keel en sê: ‘Betaal nou dadelik wat jy my skuld!’ |