Matthew 18:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe was die heer van daardie dienskneg innig jammer, en hy het hom losgemaak en hom die skuld kwytgeskeld.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarop het die koning hom innig jammer gekry. Hy het hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.
Afrikaans 1933/1953 En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.
Afrikaans 1983 Die koning het hom jammer gekry, hom laat gaan en sy skuld afgeskryf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die heer van daardie slaaf het hom innig jammer gekry, hom vrygelaat en sy skuld vir hom kwytgeskeld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die koning was toe baie jammer vir die amptenaar. Hy het hom laat gaan en hy het gesê dit is nie nodig dat die amptenaar die skuld betaal nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die koning se hart het sag geword toe hy die amptenaar so sien smeek. Toe besluit hy daar en dan om al sy skuld af te skryf.