Matthew 18:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die dienskneg het toe neergeval en hom aanbid en gesê: Here, wees geduldig met my, en ek sal U alles betaal.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy val toe voor die koning neer en smeek hom: ‘Gee my kans, ek sal alles aan u terugbetaal.’
Afrikaans 1933/1953 Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.
Afrikaans 1983 Die man het voor hom neergeval en gesoebat: ‘Gee my tog uitstel; ek sal u alles terugbetaal.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die slaaf het toe voor hom op die grond neergeval, laag voor hom gebuig en gesê, ‘Wees geduldig met my, en ek sal u alles terugbetaal.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Die amptenaar het toe gekniel voor die koning en hy het hom gesoebat en gesê: ‘Jy moet asseblief geduldig wees met my. Ek sal alles terugbetaal wat ek vir jou skuld.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die vreesbevange amptenaar het toe op sy knieë voor die koning neergeval en om genade begin smeek. ‘Gee my asseblief nog ’n laaste kans. Ek sal alles terugbetaal wat ek aan u skuld.’