Matthew 18:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar omdat hy nie hoef te betaal nie, het sy heer bevel gegee dat hy verkoop moes word en sy vrou en kinders en alles wat hy het, en betaling moes betaal word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe hy dit nie kon bybring nie, gee die koning opdrag dat hy, sy vrou en sy kinders en al sy besittings verkoop moet word om sy skuld te betaal. |
| Afrikaans 1933/1953 | En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word. |
| Afrikaans 1983 | Hy kon dit nie betaal nie, en daarom het die koning beveel dat hy en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, verkoop en die skuld betaal moet word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat hy nie kon terugbetaal nie, het die heer beveel dat hy, asook sy vrou en kinders en alles wat hy besit, verkoop word en dat die skuld so terugbetaal moes word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die amptenaar kon nie sy skuld betaal nie, en daarom het die koning gesê hulle moet die amptenaar verkoop, en ook sy vrou en sy kinders en alles wat hy gehad het. Hulle moes die geld dan gebruik om sy skuld te betaal. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy was baie geskok hieroor en het die man dadelik ontbied. Toe die man opdaag, het hy vir die koning gesê dat hy bankrot is. Hy kon nie sy skuld betaal nie. Die koning was woedend daaroor. ‘Verkoop hom en sy vrou en kinders daar op die mark as slawe. Verkoop ook al hulle besittings. So kry ek darem ’n paar rand terug.’ |