Matthew 18:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hy begin afreken het, is een na hom gebring wat hom tienduisend talente geskuld het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Skaars het die ondersoek begin of een word na hom toe gebring wat hom miljoene rande skuld. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was. |
| Afrikaans 1983 | Toe hy daarmee begin, is een amptenaar na hom toe gebring wat miljoene rand geskuld het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe hy hulle skuld begin nagaan, is een wat tienduisend talent verskuldig was, na hom gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En toe hy begin vra wat hulle gedoen het, het hulle een amptenaar na hom toe gebring wat vir die koning 10 000 talente geskuld het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe hy begin sommetjies maak, kom hy agter dat een van sy amptenare hom twintig miljoen rand skuld. |