Matthew 18:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met 'n sekere koning, wat met sy dienaars rekening sou hou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Om hierdie rede kan God se koningsheerskappy vergelyk word met ’n koning wat besluit het om na te gaan wat sy amptenare hom skuld. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met 'n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken. |
| Afrikaans 1983 | Daarom kan die koninkryk van die hemel vergelyk word met 'n koning wat besluit het om saam met sy amptenare hulle boeke na te gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom is die •koninkryk van die hemele soos 'n koning wat rekenskap van sy slawe wou eis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê dit, want God wat in die hemel is, is Koning. Dit is soos wanneer 'n koning besluit om te vra wat sy amptenare met sy geld gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe vertel Jesus vir hulle ’n verhaal om te verduidelik wat Hy bedoel: “In God se nuwe wêreld gaan dit soos met ’n koning wat op ’n dag besluit het om sy boeke na te gaan en te kyk wie van sy onderdane hom geld skuld. |