Matthew 18:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Weer sê Ek vir julle, dat as twee van julle op aarde saamstem oor enigiets wat hulle sal vra, dit vir hulle gedoen sal word deur my Vader wat in die hemele is.
Afrikaans (NLV) 2011 “Boonop verseker Ek julle: As twee van julle hier op aarde saamstem oor enigiets wat julle van God wil vra, sal my hemelse Vader dit vir julle doen.
Afrikaans 1933/1953 Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is.
Afrikaans 1983 Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Verder, amen, Ek sê vir julle: As twee van julle op aarde saamstem oor enigiets wat julle vra, sal my Vader in die hemele dit aan julle toestaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sê vir julle nog iets, en dit is seker: Wanneer twee van julle hier op aarde bid en saamstem oor enige iets wat julle vir God vra, dan sal my Vader wat in die hemel is, dit vir hulle gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Ek het nog goeie nuus vir julle. As twee van julle saamstem oor enige saak wat swaar op julle hart lê en julle gaan praat met my hemelse Vader daaroor, sal julle gebed verhoor word. Julle sal kry wat julle gevra het.