Matthew 18:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as hy na jou nie luister nie, neem dan nog een of twee saam met jou, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord vasgestel kan word.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar as jy nie daarin slaag nie, neem nog een of twee saam met jou. So sal daar twee of drie getuies wees om te bevestig wat gesê word.
Afrikaans 1933/1953 maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke woord kan vasstaan.
Afrikaans 1983 Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesê word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat in die mond van twee of drie getuies elke saak bevestig mag word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as hy nie wil luister na jou nie, dan moet jy nog een of twee gelowiges saam met jou neem. Die Ou Testament sê twee of drie getuies moet sê wat gebeur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As dit nie help nie, moet jy nog een of twee persone saamvat en weer gaan probeer. Die teenwoordigheid van twee of drie getuies kan hom dalk tot sy sinne ruk.