Matthew 18:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as jou broer teen jou oortree, gaan vertel hom sy skuld tussen jou en hom alleen; as hy na jou luister, het jy jou broer gewen.
Afrikaans (NLV) 2011 “As een van jou medegelowiges iets verkeerds teen jou gedoen het, gaan wys hom daarop. Maar hou dit tussen julle twee. As hy sy fout insien en erken, het jy hom teruggewen.
Afrikaans 1933/1953 En as jou broeder teen jou sondig, gaan bestraf hom tussen jou en hom alleen. As hy na jou luister, dan het jy jou broeder gewin;
Afrikaans 1983 “As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ As jou broer teen jou sondig, moet jy hom teregwys waar julle twee alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “As een van die ander gelowiges sonde gedoen het teen jou, dan moet jy eers met hom raas waar julle twee alleen is. As hy luister na jou, dan is hierdie gelowige weer saam met jou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “As ’n ander gelowige jou op die een of ander manier sleg behandel het, moet jy die saak alleen met hom gaan uitpraat. As hy na jou luister, was dit alles die moeite werd. Dan het jy hom teruggekry op God se pad.