Matthew 18:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as hy dit vind, voorwaar Ek sê vir julle, hy verbly hom meer oor daardie skape as oor die nege en negentig wat nie gedwaal het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En as hy hom wel kry, wil Ek julle verseker hy sal blyer wees oor daardie een as oor die 99 wat nie weggeraak het nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | En as hy hom kry, voorwaar Ek sê vir julle dat hy blyer is oor hom as oor die nege en negentig wat nie verdwaal het nie. |
| Afrikaans 1983 | En as hy hom kry, verseker Ek julle, is hy blyer oor hom as oor die nege en negentig wat nie weggeraak het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En as hy hom wel kry, •amen, Ek sê vir julle, dan is hy baie blyer oor hom as oor die nege-en-negentig wat nie weggeraak het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sê vir julle, en dit is seker: As hy die een skaap kry wat weg was, dan sal hy baie bly wees, hy sal blyer wees oor daardie skaap as oor die 99 skape wat nie weggeraak het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer hy hom uiteindelik kry, is hy sommer baie bly. Ja, hy is nog blyer oor die skaap wat hy gekry het as oor die 99 wat nie weggeraak het nie. |