Matthew 18:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe dink julle? As iemand honderd skape het, en een van hulle het gedwaal, laat hy dan nie die nege en negentig agter en gaan na die berge en soek wat gedwaal het nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As iemand 100 skape het en een van hulle raak weg, wat dink julle sal hy doen? Sal hy nie die 99 net daar tussen die rantjies los en die wegloop-een gaan soek nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie? |
| Afrikaans 1983 | “Hoe dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle raak weg, sal hy nie die nege en negentig daar in die bergveld laat staan en die een wat weg is, gaan soek nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle raak weg, sal hy nie die nege-en-negentig in die berge los, en die een wat weggeraak het, gaan soek nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wat sal gebeur wanneer 'n man 100 skape het, en een van hulle raak weg? Wat dink julle sal die man doen? Hy sal die ander 99 skape daar op die berg los en hy sal die een skaap gaan soek wat weggeraak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Stel julle die volgende prentjie voor: ’n boer het 100 skape. Een raak skielik weg. Wat dink julle sal die boer doen? Hy sal die 99 skape net daar laat staan en begin soek na die skaap wat weggeraak het. |