Matthew 18:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemel altyd die aangesig van my Vader wat in die hemele is, aanskou.
Afrikaans (NLV) 2011 “Maak seker dat julle nie op een van hierdie kleinstes neersien nie. Besef julle dat die engele in die hemel wat oor hulle waak, elke oomblik in die teenwoordigheid van my hemelse Vader verkeer?”
Afrikaans 1933/1953 Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.
Afrikaans 1983 “Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurigdeur by my hemelse Vader is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Pasop dat julle nie neersien op een van hierdie kleintjies nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele voortdurend die aangesig van my Vader in die hemele aanskou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jesus het ook gesê: “Julle moet nooit dink dat een van hierdie kleintjies wat in My glo, nie belangrik is nie. Want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemel het wat altyd by my Vader is, my Vader wat in die hemel is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Moenie neersien op die ou kleintjies wat in My glo nie. Hulle is so kosbaar dat selfs die heel belangrikste engele daar in die hemel by my Vader se troon gedurig oor hulle praat.