Matthew 17:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Vertel niemand die gesig totdat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle beveel: “Julle moet vir niemand vertel wat julle gesien het nie, totdat Ek, die Seun van die Mens, uit die dood opgewek word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie. |
| Afrikaans 1983 | Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle beveel: “Wat julle gesien het, moet julle vir niemand vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgewek is nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Terwyl hulle teen die berg afgaan, het Jesus hulle beveel: “Julle moet vir niemand vertel wat julle gesien het voordat die •Seun van die Mens uit die dood opgewek is nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus en sy dissipels het van die berg afgekom, en Jesus het vir hulle gesê: “Julle moet vir niemand vertel wat julle gesien het nie. God moet My, die Seun van die mens, eers weer laat lewe, dan mag julle dit vertel.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna, terwyl hulle van die berg afklim, sê Jesus vir die dissipels: “Julle mag vir niemand vertel wat julle op die berg gesien het nie. Eers wanneer Ek, die Seun van die mens, uit die dood opgestaan het, kan julle vir ander mense hiervan vertel.” |