Matthew 17:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Terwyl Hy nog spreek, kyk, 'n helder wolk het hulle oorskadu, en daar was 'n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het; hoor hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar terwyl hy nog praat, oordek ’n helderglansende wolk hulle, en daar kom ’n stem uit die wolk wat sê: “Hý is my geliefde Seun. Hy is ’n Kind so na my hart. Doen wat Hy vir julle sê.”
Afrikaans 1933/1953 Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!
Afrikaans 1983 Terwyl hy nog praat, het 'n helderligte wolk skielik sy skaduwee oor hulle gegooi, en 'n stem uit die wolk het gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl hy nog praat, het 'n helder wolk skielik 'n skaduwee oor hulle gegooi, en kyk, 'n stem uit die hemel sê: “Dit is my geliefde Seun, oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Petrus was nog besig om te praat, toe het 'n helder wolk oor hulle gekom. Hulle het gehoor God praat uit die wolk. God het gesê: “ Dit is my Seun. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly. Julle moet doen wat Hy sê.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl hy nog so staan en praat, het ’n helder wolk hulle skielik omring. Toe sê daar ’n stem uit die wolk: “Dit is my Seun vir wie Ek baie lief is. Wat Hy doen, verskaf My groot vreugde. Luister na wat Hy vir julle sê!”